Brandstof Bespaarder

Brandstof Bespaarder

Petrol & Diesel
Bespaar tot R1.50/liter

SABS TOETS

Fuelenergizer / Diesel mengsel voldoen aan
SANS 342 Spesifikasies

100% Plaaslik Vervaardig
Trots Suid Afrikaans

Wie is ons

Fuelenergizer Suid-Afrika, gesetel in Pretoria met ondersteunende vervaardigingsaanlegte in Gauteng Wes-Rand is die vervaardiger en verspreider van die rewolusionêre petrochemiese brandstof-bespaarder Fuelenergizer.

Gedurende 2006 het die Hancke-familie die ontwikkeling van ’n effektiewe brandstof-besparings bymiddel ondersoek as teenvoeter vir stygende brandstofpryse, beperking van skadelike voertuig-uitlaatgasse ten einde ’n positiewe bydrae te lewer vir die vermindering van aardverwarming en beskerming van die osoonlaag.

Na deeglike navorsing en laboratoriumtoetse is ’n petrochemiese middel ontwikkel wat veilig in beide diesel en petrol voertuie gebruik kan word sonder enige negatiewe (skadelike) effek.

Na omvangryke praktiese toetse is ’n monster van Fuelenergizer vermeng met plaaslike brandstof deur die SABS getoets en resultate bevestig dat Fuelenergizer 100% aan al die spesifikasies soos voorgeskryf in SANS 342:2006 oplaag 4 voldoen.

Op versoek van Komatsu Suid-Afrika is toetse deur Business at University of Pretoria (Pty) Ltd gedoen met ’n Fuelenergizer / diesel mengsel. Die resultaat bewys dat Fuelenergizer aan al die vereistes van SANS 342 voldoen en het die wrywings koëffisiënt (HFFR Wear Scar (µm)) van diesel met Fuelenergizer vermeng met 25% afgeneem.

Fuelenergizer SA het in samewerking met uitlaatstelsel spesialis, Speed Spot Pretoria, bewys dat die gebruik van Fuelenergizer skadelike uitlaatgasse van ’n voertuig met tot 8,56% verminder. Fuelenergizer is ’n bewese Osoon-vriendelike produk.

Ooreenkomste met verskeie onafhanklike konsessiehouers is gesluit wat die bemarking van hul rewolusionêre produk Fuelenergizer in die RSA behartig.

PRODUK INLIGTING

FUELENERGIZER

➡ 100% plaaslik vervaardigde petrochemiese produk vir Suid Afrikaanse toestande.

➡ verbeter ontbranding; verminder brandstofverbruik; verminder slytasie.

➡ Bevat geen skadelike vaste stowwe wat newe-effek kan veroorsaak nie – SABS getoets.

➡ Ten volle oplosbaar in plaaslike petrol & diesel.

VERMINDER SKADELIKE UITLAATGASSE

VERHOOG GROEN VOETSPOOR (KOOLSTOF KREDIETE)

AANWENDING

Petrol & diesel binne brand masjiene

Diesel

3 – 4 ml Fuelenergizer met elke 1 liter diesel.

Aanbeveling vir diesel is 3.5 ml / liter.

Petrol

1.5 – 2 ml Fuelenergizer met elke 1 liter petrol

Aanbeveling vir Petrol is 1.6 ml / liter.

  • Verskeie onafhanklike individuele toetse op verskillende voertuie wissel tussen 10% tot selfs 15%+ besparing.
  • Om maksimale besparing en verminderde brandstof verbruik te verkry is die korrekte toediening per liter uiters belangrik.
  • Geen twee fabrikate en/of voertuie is presies dieselfde nie en om maksimale besparing te verkry moet toetse met dieselfde dosis op meer as een tenk gedoen word.
  • Tydens intensiewe toetse is bevind dat na behandeling van tweede & derde tenk die besparing steeds toeneem.

ONTBRANDING

  • Ten einde ontbranding in ’n binne brand enjin te optimaliseer is dit nodig om die brandstof-sproei deeltjies so fyn as moontlik in die ontbrandingskamer in te spuit en dan eweredig te versprei om volledige ontbranding te bewerkstellig.
  • Dit is algemene kennis in die vervoer bedryf dat konvensionele brandstof nie volledig ontbrand nie.
  • Die on-ont brande brandstof ontsnap deur die uitlaatstelsel terwyl ʼn sekere persentasie die suiers en ringe oorspoel wat oliesmering op suierwande en ringe verminder en slytasie verhoog.
  • In ʼn binnebrandenjin vind ʼn totale brandstof fase verandering plaas tydens die ontbranding proses.
  • Oppervlakspanning verhoog wat die normale saambondeling eienskap van brandstof sproei deeltjies bevorder, bekend as die gholfbal effek.
  • Sproei deeltjies ontvorm in groter druppels (gholfbal effek) wat nie eweredig versprei in die ontbrandingskamer nie en volledige ontbranding voorkom.

Verpakking

Gebruikers vriendelik vir die alledaagse motoris en/of kleiner/medium operateur

1 Liter

Gebruikers vriendelik vir die alledaagse motoris en/of kleiner/medium operateur

5 Liter

Gebruikers vriendelik vir die alledaagse motoris en/of kleiner/medium operateur

5 Liter

Gebruikers vriendelik vir die alledaagse motoris en/of kleiner/medium operateur

Vir die groter operateur, vervoerkontrakteur, mynbou, landbou ens (Massa tenks)

210 Liter

Vir die groter operateur, vervoerkontrakteur, mynbou, landbou ens (Massa tenks)

1,000 Liter

Vir die groter operateur, vervoerkontrakteur, mynbou, landbou ens (Massa tenks)

FUELENERGIZER (FE) – EIENSKAPPE
  • FE is ʼn stabiele ontbranding-bymiddel eerder as ʼn brandstof-bymiddel wat nie net brandstofverbruik verminder nie, maar ook bydra tot skoner uitlaatgasse en langer enjinlewe. (Osoon vriendelik)
  • FE meng volledig met brandstof wat moontlike skeiding of afsakking geheel en al uitskakel en verander geensins die chemiese samestelling of oktaangehalte van brandstof nie.
  • FE het geen effek of invloed op tydreëlaar en/of rekenaar instellings nie.
  • FE in diesel voertuie verminder die kenmerkende swart rook wanneer brandstof pedaal vol oop gehou word.
  • FE ontbondel die brandstofmengsel (gholfbal effek); versprei brandstof-sproei deeltjies eweredig in die ontbrandingskamer om volledige ontbranding te bevorder en skakel die gedeelte brandstof wat voorheen nie ontbrand het nie ook om in energie.
  • FE bestaan uit ʼn samestelling van verskeie petrochemiese produkte wat ontbranding bevorder en is die geringe hoeveelheid FE wat met die brandstof vermeng word te min om die basiese eienskappe van die brandstof te beïnvloed.
  • Die komplekse chemiese basis-samestelling van brandstof domineer en bepaal nog steeds die ontbrandingsproses en nie Fuelenergizer Wanneer Fuelenergizer se unieke molekulêre samestelling met brandstof molekules verbind dra dit by tot volledige ontbranding.
  • FE resultaat = maksimum energie vrystelling = beter werkverrigting = laer brandstofverbruik = meer kilometers / liter = besparing.

THEFTSTOP THEFT DETECTING UNIT
Detects fuel theft on any vehicle

AUTOMATED FUELENERGIZER DOSING & THEFT STOP SYSTEM

TANK VOLUME SENSOR

  • Accurately measures tank volume in real time
  • Measures diesel volume when added

FUELENERGIZER DOSING UNIT
Automatically administer correct dosage Fuelenergizer

APPLICATOR DISPERSER CONTROL UNIT

  • Accurately measure diesel added to fuel tank via tank volume sensor
  • Administer Fuelenergizer accurately to fuel tank(s)
  • Dosage per litre configurable
  • Programmable – one or two fuel tanks
  • 18 Litre Fuelenergizer tank
  • Tamper free

Kontak Ons

Eienaar / Vervaardiger
Aprobase Bk H/a Fuelenergizer SA

Kontak Inligting